Tyd en plek
10 Feb 2023, 18:00
Johannesburg, Kenneth Road Randfontein, Greenhills, Johannesburg, 1760, South Africa
Waaroor
Wie is Ivor Swartz???
Van Tronkvoël tot Teoloog
Ivor Swartz het vandag sy lewensreis met die Tralies kom deel, en het beslis 'n hele paar Tralie-harte aangeraak.
Ivor is ‘n leier en spreker in die velde van mentorskap, motivering en storie-vertelling. Hy het ‘n unieke manier om met mense te gesels, en hulle te motiveer om hulle beste self te
leef. Hy het veral ‘n passie vir jongmense, en werk al sedert 2007 met jongmense in skole,
kerke, tronke en kampe, omdat hy self in daardie belangrike fase van sy lewe keuses
gemaak het wat sy lewe onherroeplik verander het.
Op 15-jarige ouderdom was hy betrokke in bende aktiwiteite as ‘n manier om te ontsnap
van ondraaglike huishoudelike omstandighede. Hy was verslaaf aan dwelms, het sy meisie verwagtend gemaak, en saam met ‘n vriend sy broer vermoor. Hy was gevonnis tot 6 jaar en 6 maande gevangenisstraf. As gevolg van die invloed wat ‘n onderwyser in die tronk op sy
lewe gehad het, het hy besluit om sy skoolloopbaan te voltooi. Hy het sy matriek
kwalifikasie in die tronk voltooi, en het begin om ‘n beter storie te leef.
Hy was vrygelaat in Desember 2005, en het begin om sy lewe toe te wy om te verhoed dat ander jongmense dieselfde pad stap as wat hy het. Deesdae besoek hy ongeveer 80 skole
jaarliks, met sy organisasie YOUTH THE FUTURE, en stap elke keer weg met groter hoop vir die toekoms van ons land wat in die hande van die volgende generasie lê.
Hy het ‘n BTh. Graad in Teologie verwerf in 2015, asook ‘n Honneursgraad in Teologie in
April 2019. Hy werk tans by Oosterlig Gemeente in Pretoria as leraar vir die Jeug, en is ook aktief betrokke by die #IMAGINE Tiener-beweging.
Sy eerste boek, Die verlore Seun Vannie Gaatjie, is in 2020 uitgegee, en het die
Desmond Tutu-Gerrit Brand Prys gewen van die Andrew Murray Prystoekennings. Sy
tweede boek, Kies Die Lewe- leer dans in depressie, het September 2022 die lig gesien,
asook die televisie-reeks met dieselfde naam, op VIA-tv (kanaal 147).
Ivor is nou al 7 jaar gelukkig getroud met Nadine, en saam pak hulle die lewe en bediening met groot ywer aan. Hulle is ook die trotste ouers van ‘n vreugdevolle seuntjie, Luther Ivor Swartz.